EBOOK

Wat Werner Doen Met Sy Drie Miljoen

Tertius Janse van Rensburg
(0)

About

Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen?

Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die

meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die

grap besluit die drie seuns om regtig elkeen 'n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle

vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om "roomys" te koop, en

sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die

onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen!

Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle

besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk.

Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou

met die nare oom Daan.

Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde

gaan hulle die geld by haar uitkry?

Related Subjects

Artists