EBOOK

About

Sy gaan alles moet waag om sy hart te wen ...

Katryn kan nie verstaan waarom almal in haar lewe mal is oor Daniël

Roux nie. Ja, hy is aantreklik, maar dis al. Sý wil meer in 'n man sien as

net sy mooi gesig, sy gespierde lyf en sy gladde mond.

Stadigaan begin sy tog besef dat Daniël anders is. Maar afgesien van die

skade wat sy aangerig het met haar aanvanklik bevooroordeelde houding

teenoor hom, weet sy nie of sy hom kan vertrou nie. Sy het mos al

voorheen haar vingers verbrand. En nou beskuldig Daniël haar dat sy

met sy gevoelens speel. Daar blyk geen einde aan die spanning tussen

hulle te wees nie.

Katryn moet besluit of sy die moed het om haarself bloot te stel deur met

vertroue 'n nuwe verhouding aan te knoop.

Related Subjects

Artists