Pages
415
Year
2021
Language
English

About

Een kans. Een besluit. Dis op sy gewete.Nicholas Carter, jong multi-miljoenêr, is die trotse eienaar van die Wildehonde Rugbyklub. Die geheim tot sy sukses is eenvoudig: hou jou privaatlewe en jou besigheidslewe apart. Emma Cole toets egter sy weerstand tot die uiterste. Sy nuwe rekenmeester is glad nie sy tipe nie, maar tog het sy die vermoë om Nicholas kop te laat verloor.Bleeksiele lyk nie soos Nicholas Carter nie. Emma dink ook nie dat hulle soos hy kan soen nie. Sy het beslis nie verwag dat die man met die mooiste groen oë wat haar bene op die trap lam gesoen het, die einste Nicholas Carter is nie.Die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk maar beide verstaan die reperkussies as hulle daaraan toegee. Tog, tydens 'n sakebesoek aan Kaapstad, swig hul voor die versoeking.Terug in Pretoria kruip die realiteit egter in hul verhouding in en moet beide Emma en Nicholas 'n keuse maak.Hulle het net een kans. Gaan hulle die regte besluit neem of altyd die gevolge dra?Een kans. Een besluit. Dis op sy gewete.Nicholas Carter, jong multi-miljoenêr, is die trotse eienaar van die Wildehonde Rugbyklub. Die geheim tot sy sukses is eenvoudig: hou jou privaatlewe en jou besigheidslewe apart. Emma Cole toets egter sy weerstand tot die uiterste. Sy nuwe rekenmeester is glad nie sy tipe nie, maar tog het sy die vermoë om Nicholas kop te laat verloor.Bleeksiele lyk nie soos Nicholas Carter nie. Emma dink ook nie dat hulle soos hy kan soen nie. Sy het beslis nie verwag dat die man met die mooiste groen oë wat haar bene op die trap lam gesoen het, die einste Nicholas Carter is nie.Die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk maar beide verstaan die reperkussies as hulle daaraan toegee. Tog, tydens 'n sakebesoek aan Kaapstad, swig hul voor die versoeking.Terug in Pretoria kruip die realiteit egter in hul verhouding in en moet beide Emma en Nicholas 'n keuse maak.Hulle het net een kans. Gaan hulle die regte besluit neem of altyd die gevolge dra? Vir jare het die Suid-Afrikaans-gebore romanskrywer, Francine Beaton, liefdesverhale verslind voordat sy self die pen opgeneem het. Sy het haar debuut roman in Engels, Eye on the Ball, asook die eerste in die Taste for Love-reeks in 2018 gepubliseer.

Francine is mal oor reis en is ook 'n kranige fotograaf. Tot haar man se frustrasie neem sy foto's van alles wat sy eet en drink. Sy is 'n vurige rugby ondersteuner wat selfs (een keer) die spel probeer het. Deesdae verkies sy egter om raad en kommentaar te lewer vanaf die kantlyn of voor die televisie terwyl sy 'n glasie van haar gunsteling wyn geniet.

Related Subjects

Extended Details

Artists