About

Liefde vra soms van jou om onmoontlik dapper te wees ...

Mieke se lewe verander binne 'n oogwink wanneer Boeta met sy koffer en 'n

sopnat klein katjie aan haar deur klop. Boeta, die desperate lomp vyftienjarige

seun wat verstandelik gestemd is en opsluit sy pa soek. Hy weier om verder by sy

ma en oom Voël te woon. Oom Voël is gemeen en raas met hom, en hy hou niks

van oom Voël nie.

Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie

geweet van haar man se vorige verhouding óf sy kind nie. Hoe kan sy Boeta

kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se

harte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van

jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende

kante van 'n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en

huismense nodig het.

Related Subjects

Artists