EBOOK

Liefde Onbeperk

Marilé Cloete
(0)

About

Hy is nie van plan om sy hart te verloor nie.

Estelle dra steeds swaar aan die een groot fout wat sy in die verlede gemaak

het. Daarby is sy 'n ekstrovert wat bitter swaar kry tydens inperking, terwyl

sy ook nie haar beroep as skoonheidsdeskundige mag beoefen nie.

Bernard kan van die huis af werk, maar die alleenheid van sy woonstel kry

hom onder. Toe hy die kans kry, woon hy die braai by Estelle se suster-hulle

by, hoewel hy goed weet dis onverantwoordelik.

Wanneer hy siek word, gebruik hy die kans om by Estelle te gaan aansterk,

aangesien sy by dieselfde partytjie was. Daar span hulle saam; haar

sangtalent en sy tegnologiese kennis help om haar wanhopige finansies te

beredder. Maar hy is nie van plan om sy hart op die vurige donkerkop te

verloor nie.

Related Subjects

Artists