EBOOK

About

'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ...

In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis

in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die

werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou

word die Volksrepubliek van Azanië deur Die Party regeer. Alle wit mense is

Weskaap toe verban. Dié wat in Azanië wil werk, word toegelaat, maar word

onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die

Apartheidsjare beoefen is.

Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel en

sukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoer

smokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela,

mampoerstokers en verspreiders. Besigheid lóóp. Maar in Azanië wil elkeen sy

deel hê en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.

Related Subjects

Artists