Skip to main content
Books, videos, and music - all free from your public library!
LoginSign Up

Footer

Hoopla logo, Go to homepage
  • For Patrons
  • For Libraries (opens in new window)
  • For Vendors (opens in new window)
  • Facebook (opens in new window)
  • X (opens in new window)
  • Instagram (opens in new window)
  • YouTube (opens in new window)
  • TikTok (opens in new window)
  • LinkedIn (opens in new window)

Our Company

  • Our Story
  • Get Hoopla for your Library (opens in new window)
  • Get your content on hoopla (opens in new window)
  • Join our team (opens in new window)
  • Accessibility Statement

Our Content

  • Audiobooks
  • Ebooks
  • Movies
  • Television
  • Comics
  • BingePasses
  • Music
  • The Loop Blog

Help

  • Help Center
  • Submit Feedback
  • Facebook (opens in new window)
  • X (opens in new window)
  • Instagram (opens in new window)
  • YouTube (opens in new window)
  • TikTok (opens in new window)
  • LinkedIn (opens in new window)
  • Download on the App Store (opens in new window)
  • Get it on Google Play (opens in new window)
  • Available at Amazon Appstore (opens in new window)
© 2026 Midwest Tape, LLC. All rights reserved. Privacy Policy | Terms of Use
  • Hoopla logo
  • Browse
  • My Hoopla
  • Log In
  1. Navigate Home
  2. Ebooks
  3. Eerste Liefde (2-In-1)

EBOOK

Eerste Liefde (2-In-1)

Dina Botha
(0)
sign up
Pages
238
Year
2011
Language
Afrikaans
Publisher
LAPA Publishers

About

In ruil vir 'n hart

Zac Meyer is veeleisend; stiptelikheid en intelligensie is sy groot vereiste. En 'n beeldskone vrou aan sy arm. Én, natuurlik, Nelliesbaai.

In dié prentjie pas Zanne nie. Sy's doodgelukkig … wel, doodtevréde as sy die wêreld in fokus deur haar bril waarneem, as haar potplante water het en as sy saans die komme en gane op die aandelemark kan dophou.

Sy speel sekretaresse vir Zac, ja, al stotterend en stamelend, red sy selfs sy lewe. Sy weet sy is 'n ou valetjie, maar sý is gelukkig.

Totdat die noodlot ingryp en Zanne se lewe op sy kop keer. Sy weet skaars waar sy is en glad nie waar Zac staan nie …

Onweerstaanbare kok

Armand Retief is 'n selfversekerde, egoïstiese, klasbewuste snob. 'n Onaangename statusbewuste fossiel.

Hy en sy Retief-familie, dink hy, is verhewe bo ander.

Reza weet maar te goed sy moes nie onder valse voorwendsels deel van dié huishouding geword het nie, saamgespeel het dat sy 'n kok is nie … want van kook en koekbak weet sy niks, en sy's eintlik een van hulle, ook 'n Retief, al weet hulle dit nie. Nog nie.

En maak nie saak of Armand se aantreklike bakkies haar speeksel laat opdroog nie; hy ís haar oom, nie aangetroud nie, blóédverwant.

Sy moet haar bewerasies onderdruk, hom sê. Ook vir haar oupa. Maar wanneer? En hoe?

Related Subjects

  • General
  • Romance
  • Adult Fiction

Artists

Dina BothaAuthor
Salomé SchutteAuthor