AUDIOBOOK
Afrikaans

Net Een Leuen

S. C. Hatton
(0)

About

This audiobook is narrated by an AI Voice. Om hom te verloor was erg. Om hom terug te kry is erger.



Behalwe vir haar kloustrofobie, is Emily van Lynden se lewe perfek. Êrens moes sy iets reg gedoen het om 'n man soos Zander te kry. 'n Man wat haar liefhet ten spyte van haar eienaardighede.

Nuus dat Zander vermoedelik in 'n motorbomontploffing oorlede is, verpletter Emily se perfekte lewe.

Wanneer Zander 'n paar dae later ongedeerd by die huis opdaag en daarop aandring om Alex genoem te word, voel dit vir Emily soos die begin van die einde.

Haar eens liefdevolle man, is nou afsydig, koud, intimiderend, en selfs by tye wreed.

Klein ruimtes is nie meer haar enigste vrees nie. Haar vrees het nou 'n stem en 'n gesig. Die gesig van die man wat sy liefhet.

Related Subjects

Extended Details

  • EditionLibrary Edition

    Artists